Film Revue: An Infinite Scream

(Sorry to all English subscribers, today I reblog an Afrikaans review about our film which will be screened tomorrow, 14th January, at the Goethe Institut in Windhoek @ 19h15)

En nou vir die van julle wat Afrikaans praat, ‘n Film Revue in Afrikaans van die wonderlike Daniël Bezuidenhout a.k.a Thulana wat met haar woorde en taal kan toor.

Lees gerus ook ‘n bietjie van haar ander blog posts, so mooi geskryf met ‘n wonderlike sin vir humor en interessante stories oor haar lewe in Ghana.

Dankie Daniël!

Thulana

Elkeen van ons wat soos ‘n volstruis met sy kop in die sand staan, en vertrou die regering sal na al jou belange omsien, moet ‘n slag staan en wonder hoe goed dit uitgewerk het vir die Boesmans.

In ‘n aangrypende artistiese dokumentêr, “An Infinite Scream”, kry die Imke Rust jou kop uit die sand.

Die produksie is behartig deur haar talentvolle man, Musikant en Filmvervaardiger, Steffen Holzkamp – tans woonagtig in Berlyn. Hera Lindholm en Kema Migal se klankbaan laat jou nekhare by tye regopstaan. Die musiek is perfek in lyn met die broosheid van die Namib woestyn.

Dornen_C Sholgololo Nest. Naukluft Reserve. Namib. Imke Rust (c) photographed and assisted by Steffen Holzkamp (Photos by Imke Rust)

Hierdie 45-minute gordynwegtrek bied jou ‘n glimps van die kunstenaar se kreatiewe denkproses, trek jou in – met die voetval in die woestyngruis en die hittegolwe wat saam speel in die…

View original post 415 more words